top of page

’n Klein liggie vir die donker dae.

’n Spesiale Gouwsblom-kers geskep as ’n betekenisvolle geskenk vir iemand wat deur ’n moeilike seisoen gaan. ’n Eenvoudige manier om te sê: Ek dink aan jou. Jy is nie alleen nie.

 

230ml Soy was kers.

Elke LIG-kers kom met ’n spesiale boodskapkaartjie.

 

Jy kan ook kies om ’n 500g pakkie granola-beskuit by jou bestelling te voeg ; ’n eenvoudige, praktiese ekstra geskenk vir iemand wat dalk deur behandeling baie moeg is en nie altyd die energie of lus het om kos voor te berei nie.

 

10% van alle LIG-verkope gedurende Oktober sal aan Somerset-Oos se Pink Trees for Pauline geskenk word, ter ondersteuning van kankerverwante behoeftes binne deelnemende gemeenskappe. Pink Trees for Pauline vermeld dat fondse wat deur hierdie inisiatief ingesamel word, gebruik word om mense wat deur kanker geraak word, by te staan met behoeftes soos kospakkies, vervoer, toiletware en tuisverpleging.

LIG kers (230ml)

SKU: LIG-OCT26
R 200,00Price
Quantity
    bottom of page